h1

3 Januarie 2009

January 3, 2009

Dis vandag die derde dag vd nuwe jr en ook d derde laaste dag v hierdie vakansie. Dus aangesien d nuwe jr met ‘n stink spoed oppad is en die vakansie amper iets vd verlede het ek besluit dis tyd om d foto’s te sort:

20 September 2008

DSC00664.JPG

Eintlik nog ‘n foto v ons vakansie toe ons in Stanthorpe was – maar dit bly ‘n stunning foto.

DSC00666.JPG

Dit was die eerste kangaroos wat ek gesien het en dit sommer so tussen die vrugtebome.

23 September 2008:

DSC00674.JPG

Langs die Brisbane rivier, d gebou links v Leon se kop is d gebou waar kpmg in is.

DSC00676.JPG

Foto vd teenoorgestelde kant, dis d Story Bridge.

Was oppad na die ferry, het tot by Southbank ge-ferry om te ga braai,

DSC00691.JPG

By Southbank is d mens gemaakte see, reg langs die Brisbane rivier en in d agtergrond is d CBD.

DSC00697.JPG

Het rivierlangs teruggestap huis toe.

DSC00702.JPG

‘n Wanna-be London’s Eye…

DSC00703.JPG

En ‘n kiekie spesiaal vir my sus – want sy sou hom afgeneem het!!

20 November 2008

Moes dit op film vasle… Alida kan melktert bak, as sy wil. Ons het so International Cultures aand by d werk gehad, toe moes almal ietsie saambring wat eie is aan jou kultuur. Ek’t besluit biltong is te duur om te mors op die Aussies, so toe moes melktert dit maar doen saam d drinks!

DSC00834.JPG

23 November 2008

Die Sondag voor Helena terug SA toe is, het ontmoet by Southbank vir middagete.

DSC00891.JPG DSC00892.JPG

DSC00896.JPG

Langs die Brisbane rivier is d see en dan agter dit is daar so klomp restaurante en allerhande eetplekkies. Sondae is daar dan ook so soort van ‘n vlooimark.

DSC00898.JPG

Hierdie was in die tuine rondom d see.

29 November 2008

Trek in 7/20 Gordon Parade, Everton Park in:

DSC01031.JPG

DSC01030.JPG

Woonkamer

DSC01032.JPG

Eetkamer en kombuis

DSC01027.JPG

Slaapkamer

Intussen het ons darem ons motor gekry en toe ook besluit om fietse aan te skaf. Hier’s rerig lekker fietspaaie, so mens hoef nie noodwendig op die paaie te ry nie.

DSC00938.JPG

14 Desember 2008

Die eerste Sondag na ons d kar gekry het is ons see toe, die strande baie naby is nie eintlik swemstrande nie, so mens ry nogals so entjie noord of suid. Ons eerste uitstappie was Maloolabah toe, so 80km noord v Brisbane op die Sunshine Coast. Daar word gese dat d strande noord is d rustige plekke, baie mense gaan soontoe om af te tree en d strande suid, Gold Coast is iets soos Margate. Jip, dis waarheen d kinders wat klaarmaak met skool heen gaan vir DAAI vakansie, whatever. Ons sal nog gaan loer.

DSC00947.JPG

DSC00953.JPG

Ons het selfs geswem, jip, dit was definitief warm genoeg!! En dis sulke golfies soos by Shelly baai by Kenton – ok, as mens dit golwe kan doen – dis nou nie eintlik Jeffreys nie. Die surf strande is suid, Gold Coast se kant toe.

DSC00956.JPG

18 Desember 2008

Vir die interne oudit afdeling se Kersfees partytjie was d groep met die twee seilbote uit op d see vir d hele dag en vir middagete het ons naby ‘n eiland geanker en middagete gekry. Jip, daar’s outjies wat lelik gebrand het, want dit was rerig warm (en hulle was baie dors…)!!

DSC00969.JPG

DSC00971.JPG

DSC00972.JPG

Dis Leandra, sy kom vd Jhb kpmg kantoor af.

21 Desember 2008

Is vir d dag Redcliffe toe, dis ‘n strand baie nader aan Brisbane, maar daar’s nie ‘n strand nie.

DSC00975.JPG

DSC00979.JPG

DSC00982.JPG

Ons het iets geeet by d plek, dit was vir my ‘n cute servet…

DSC00983.JPG

DSC00985.JPG

DSC00986.JPG

Omdat dit nie swemstrand is nie, is hier ‘n swembad en sulke fonteintjies en splash-pools vir die kinders.

DSC00990.JPG

24 Desember 2008

Chris & Jeanine en Sean & Zita het by ons kom braai vir Oukers-aand. Sean & Zita is Chris-hulle se vorige bure en Sean is oorspronklik van Botswana, maar woon al 19 jr lank hier en sy Ma is in Sydney en Zita kom van Melbourne.

DSC00991.JPG

Ek, Jeanine en Zita.

DSC00998.JPG DSC00994.JPG

Chris, Sean en Leon.

25 Desember 2008

Die aanvanklike plan was dat ons Maloolabah toe sou gaan vir d dag, maar toe ons uiteindelik na die kerk en eers koek & tee hier wegtrek, toe’s ons saam met die res v Brisbane op die snelweg… Toe draai ons sommer net af en beland toe in iets soos Scarborough – en toe hou ons piekniek net daar.

DSC01000.JPG DSC01003.JPG

Koek en tee tyd en natuurlik het Kersvader al d pad v SA kom kuier, yeah!!

DSC01007.JPG DSC01008.JPG

Net toe ons ‘n uiltjie wou knip na middagete, toe ontdek d monster miere ons… Ek’s ernstig, hierdie outjies is rerig nie nice nie!!! Drie keer is Leon gebyt en toe’t ek gedink, net sissies gaan so aan oor ‘n mier byt… Wel, totdat een my byt… Dit brand soos flippen vuur en dit jeuk en maak ‘n knop soos ‘n muskietbyt – nee genade, toe’s ons huis toe!!

28 Desember 2008

Was vinnig op na so uitkykpunt – Mt Cooth-tha. Van hier af kan mens so min of meer oor d hele Brisbane uitkyk.

DSC01015.JPG

Dis d CBD

DSC01017.JPG DSC01018.JPG DSC01019.JPG

Dis d Suide van Brisbane, mens kan nie van die punt af d Noorde sien nie.

DSC01020.JPG

Wel, dis dit dan vir nou. Die res vd vakansie was ons by die huis, Leon het krieket gekyk (ek weet darem ons het gewen, dammit!!) en ek het nog nooit so baie gebak en gebrou soos in d paar dae nie.

Maandag begin Leon te werk en ek begin Dinsdag – dan kyk ons wat hou d nuwe jr vir ons in!!

h1

Offline

December 3, 2008

Julle wonder seker hoekom ons so stil is.  Wel, ons het in ‘n nuwe townhouse ingetrek en ons het nog nie internet gekry nie, so kannie rerig tyd spandeer om te tik nie.  Ek skryf hierdie boodskappie gou by die werk, maar kan nie te lank vat nie, so sal weer ietsie skryf sodra ons internet het.

Leon

h1

Aan die gang.

November 19, 2008

Sjoe, dis ‘n besige paar dae gewees. Het Vrydag aand ‘n vleisie gebraai en die 20twenty game tussen Australie en die All-Stars span gekyk (so uitnodigingspan). Adam Gillchrist was kaptein van die all-stars en hulle het die Ozzies behoorlik pak slae gegee. Saterdag het een van Jeanine se kollegas by ons kom braai. Hy is al 4 jaar in Australie en getroud met ‘n ozzie girl. En Sondag het Helena, Ella en Patrick ook hier kom braai. So uur na hulle gery het, het Brisbane die grootste en ergste storm sedert 1985 beleef. Daar was mense wat vanoggend nog nie elektrisiteit gehad het nie, en die skade is al naby $100mil.

Ek het ‘n paar video-clips geneem van die storm. Gelukkig was die storm nie so erg by ons nie, en ons het nie skade gehad nie.

–== Hmmm, ek sukkel om die video clips hier in gelink te kry. Sal laat weet as ek dit regkry ==–

Maandag het ek uiteindelik ons kar gaan bestel (ok, eintlik Alida se kar). ‘n Silver VW Polo 1.6. Hopelik kry ons hom volgende week, dan kan ons bietjie foto’s op die site sit.

Vanoggend het ek gaan kyk na ‘n townhouse wat ons wil huur. Het ‘n aansoek ingesit en sal voor Vrydag hoor of ons dit gekry het of nie. Sien, hier werk dit bietjie anders as in Suid Afrika. Jy gaan kyk nie net ‘n plek, se jy vat dit en dan teken jy die kontrak nie. Jy doen aansoek saam met al die ander mense, en dan besluit die eienaar en agent wie die mees geskikste huurder sal wees. En jy moet bewys van inkomste lewer, ID, bankstate, Medicare kaart en verwysings van vorige agent deur wie jy gehuur het. Ons het nog nie al die dokumentasie wat nodig is vir ‘n suksesvolle aansoek nie, maar die agent het gese hulle weet nuwe inwoners in Queensland sukkel soms so hulle sal probeer om ons uit te help. Ek sal laat weet as ons dit gekry het en sal fototjies opsit.

Vanaand gaan ons probeer om melktert te maak – Alida moet een of ander tradisionele dis saamvat werk toe Vrydag, so ek hoop dit werk, want ek is lus vir lekke melktert.

Tot later!

h1

Nou hou ek rerig vakansie

November 13, 2008

Goeie nuus! Ek het die werk gekry, maar begin eers die 24ste November, so het nou meer as ‘n week wat ek rerig kan vakansie hou, en nie hoef te worry oor werk soek en sulke dinge nie. Gaan volgende Donderdag my kontrak teken.

Ek en Alida het dit gisteraand gaan vier met ‘n paar drinks en kos by ‘n Coffee Club hier naby ons. Ons het ‘n voucher gekry toe ons by Woolworths kruideniersware gekoop het, en kon toe een ete verniet kry. Dis baie oulik, die vouchers word sommer afterop die Woolies se till-slip gedruk en dan kan jy dit by verskeie plekke gebruik. En o ja, moenie praat van die “slip” nie, almal kyk jou net snaaks aan. Jy moet praat van ‘n “docket” – en nee, dis nie goed wat wegraak by die hof in Pretoria nie.

Het na die tyd met die bus huis toe gery. Die bus was 5 minute vroeg gewees en die bestuurder was blykbaar baie haastig, het nie eers gewag vir enige ander passasiers nie, en het gejaag. Ek dink ons het die 10 minute roete in 7 minute gedoen. En natuurlik, soos dit altyd werk, begin dit reen toe ons van die busstop af stap, maar darem nie hard nie, en dis baie lekker om 9 uur die aand langs ‘n bos te kan loop en nie bang te voel nie.

h1

Al weer

November 12, 2008

Hello almal,

My onderhoud wat ek Maandag gehad het, het goed afgeloop en ek is genooi vir ‘n 2de onderhoud. Gaan vanmiddag 12h00 die ander direkteur sien en sal hopelik vandag nog weet wat die uitslag is. As ek die werk kry, moet ek Maandag begin werk. Die maatskappy skryf “retail management” sagteware, van inventory control tot point-of-sale tot finansieel, en die stelsel kan ook aangepas word vir ander besighede. Hulle is so 5 minute se treinrit uit die stad uit, maar daar is baie parkering rondom die kantoor, so as ons nader bly kan ek met die kar tot daar ry wat dit nogal maklik sal maak.

Verder doen ons nie veel nie. Ons is nog op soek na ‘n kar, so dit maak dit bietjie moeilik om sightseeing te doen. Die busse en treine is daar, maar dis bietjie duur as jy ver wil ry en hulle ry ook nie orals heen nie.

Het ook nou kaartjies bespreek vir die “XXX GOLD Beach Cricket Tri-Nations Series” tussen Aus, NZ en SA. Kliek hier vir die website. Die kaartjies is verniet, so dis nogal nice. Dit vind plaas op die Gold Coast, so 80km van ons af. Sal nog sien of ons met die trein of die kar gaan ry. Gaan dalk ook Vrydag aand ‘n 20twenty game op die Gabba kyk. Australie speel teen die Aussie All-Stars span, so dit kan baie nice wees.

Hou maar vir my duim vas vir die onderhoud, hierdie “by die huis sit en niks doen” raak baie frustrerend.

Leon